Geskryf deur:

Marieta Carrick

Mediese riller

312 bladsye

Sagteband

ISBN: 9781990936609

'n Jaar gelede is 'n mediese student op die kampus vermoor. Noordeberg Staatshospitaal is steeds in rou. Die skuldige is nooit gevang nie, maar die lewe gaan aan - veral hiér in die gange van Noordeberg waar lewe en dood daagliks op vreemde maniere inmekaar vleg.

 

Vir Lola Anley bied Noordeberg 'n tweede kans. Niemand hier weet dat sy haar tweelingsuster verloor het en tydelik in 'n psigiatriese kliniek gaan draai het nie. Met haar aankoms by Noordeberg word sy aangewys as een van die topstudente en ontvang sy blyplek in die gesogte Straumann Top 4-huis, in die kamer wat voorheen aan die vermoorde Asher Parker behoort het.

 

Maar Lola het 'n paar geheime van haar eie, en soos die druk toeneem, begin die verlede haar inhaal...

 

Met WAAR BLOED KRUIP maak M. Carrick haar debuut as skrywer. Haar eerstehandse ervaring as traumaverpleegster en mediese rep maak van haar 'n geloofwaardige ooggetuie. Hierdie spannende whodunnit is deurweef met fassinerende mediese detail en selfs humor wat die leser van die eerste bladsy af aan die neus rondlei.

WAAR BLOED KRUIP

Opsies om die boek te koop:

  • Bestel die boek direk by Nukkerig en laat dit by jou huis aflewer (R110 vir aflewering)

  • Bestel die boek direk by Nukkerig en gaan haal dit by jou naaste PEP af (R60 PEP Paxi)

  • Bestel by Takealot.com

  • Bestel by jou naaste Bargain Books of Exclusive Books (as hulle dit nie in voorraad het nie, kan hulle dit vir jou bestel)

  • Laai die eboek af by Amazon.com of Kobo.com

© 2020 by Nukkerig

1x book = R150

Any 2x books = R250

Any 3x books = R350

  • Facebook
  • Instagram
This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now