LESERSMENING: "Gif"

geskryf deur Stéfan Burger 12.11.2019

 

"Wetenskapfiksie of fantasie is 'n rare verskynsel in Afrikaans. Veral vir volwassenes. Leon van Nierop en Francois Bloemhof is van die min wat dit reggekry het. Daai delf in die onwerklike wat deurgaans tog voel dat dit werklik kan wees. Anna Emm het dit ook reggekry.

Die futuristiese Kaapstad is 'n karakter op sy eie. Nie onrealisties verwyder van die huidige nie. Die tema van wense en time travel en om dinge oor en anders te doen, dink ek is 'n fantasie wat almal iewers beleef. Om 'n verlore kans te gaan herbesoek. Om 'n kans te vat op iets wat jou persoonlikheid of geaardheid of opvoeding jou nie vroeër toegelaat het nie. Maar dan ook die illustrasie dat so 'n herbesoek so baie ander dinge ook verander...

Ek het gehou van die spasiëring van teks. Die spasies tussen sinne en gebeure het dit maklik gemaak om te lees en te volg, eerder as lang compressed paragrawe. Daar is slim tegnieke. Ek het die hoofstukke wat by 2 begin dadelik opgemerk en gewonder waar is 1... Net om dit aan die einde te vind.

Die karakters is kleurvol en 'n mens kan hulle sien as jy lees. Die scenery en emosies ook so. Ek kon met Geo identifiseer op soveel vlakke. Dalk selfs op ongemaklike vlakke.

Overall was dit egter net 'n bitter lekker lees. 'n Storie wat jou laat raai en wonder en voorspel en ontdek. Een wat ek nie wou neersit omdat ek wou sien of my hipoteses en speurwerk reg is. Of my teorieë korrek is. Dit laat mens aanhou lees tot die einde waar al die wonder en raai bymekaar kom. Welgedaan."

 

 

LESERSMENING: "Gif"

geskryf deur Siegfried Louw.

Kopiereg Kerkbode 23.01.2020

 

"Party van ons hou daarvan om te lees voordat ons gaan slaap. Moet dit egter nie met 'Gif' probeer nie. Jy sal óf klaar lees tot vroegoggend, óf wakker lê omdat jy wonder wat gebeur verder. Anna Emm se eerste fantasieverhaal vir volwassenes is 'n lekkerlees, adrenalien-gevulde storie vol raaisels en intriges wat jou aangeskakel hou om aan te hou uitvind wat gebeur. 

 

Soos dit 'n goeie fantasie betaam, is daar heelwat metafore in die storie te vinde wat die potensiaal het om te resoneer met temas in ons eie lewe. Die vernaamste hiervan is natuurlik die titel van die boek self. Ons eie teleurstellings, verliese en mislukkings kan gif raak wat ons binneaars aan onsself toedien. Dit laat my dink oor die dinge waaroor ek bid. Wat is my verantwoordelikheid as ek iets vra? Wat het ek gedeon wat die vra nodig gemaak het? Ek vra nou dinge van God - maar wat word eintlik van MY gevra?

 

Anna Emm skryf nie net oor die uitwerking van gif nie. Ons ontdek saam met haar watter kragtige teengif teen vrees bestaan: Om deur verlies te beweeg is die enigste opsie. Om verlies te probeer aangryp, bring nuwe gif van sy eie. 

 

Die boek lees baie maklik. Dit is feitlik in dubbelspasiëring geset en in lekker praattaal geskryf. Moet egter nie 'eenvoud' verwar met 'oppervlakkig' nie. Selfs die hoofkarakter se naam, Geo, het ietsie oor die werklikgheid te sê as jy lank genoeg daaroor wil dink. Maar jy hoef ook nie."

 

 

LESERSMENING: "Gif"

geskryf deur Louis Koen​ 6.01.2020

 

"As iemand vir my sou sê dat ek 'n boek soos dié op die vooraand van my 60ste verjaardag sou lees, sou ek seker n weddenskap aangegaan het wat my duur te staan sou bring. Toe ek a.g.v. Eskom se kragonderbrekings gister wel die boek nadertrek, was ek nog steeds nie oortuig die boek wat by Hoofstuk 2 begin kan 'n normale boek wees nie. Dit is nou 8nm en ek het so pas die laaste hoofstuk (Hoofstuk 1) hier in my tuin klaar gelees onder die wakende oog van my baster siamees wat kort-kort regop kom staan en daaraan te ruik. Skaak is nie my game nie, maar nou weet ek ek kan skaak lees. Ek het dit werklik geniet. Nou kan ek saampraat met ander wat oor jou skryfwerk gons. My eerste Anna Emm gelees."

STUUR JOU LESERSMENING NA ADMIN@NUKKERIG.COM

© 2020 by Nukkerig

1x book = R150

Any 2x books = R250

Any 3x books = R350

  • Facebook
  • Instagram
This site was designed with the
.com
website builder. Create your website today.
Start Now